3 Al die manne van Israel het by die koning bymekaargekom vir die fees, die fees in die sewende maand.
4 Al die leiers van Israel het gekom, en die Leviete het die kis gedra.
5 Hulle het die kis gebring, en ook die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het en al die gewyde gereedskap wat in die tent was. Die priesters en die Leviete het dit gedoen.
6 Koning Salomo en die hele volksvergadering van die Israeliete wat saam met hom was, was voor die kis, en hulle het so baie skape en bokke ge-offer dat niemand dit kon tel nie.
7 Die priesters het die verbondskis van die Here na sy plek gebring in die binneste kamer van die tempel. Dit was die hoog-gewyde plek onder die gerubs se vlerke.
8 Die gerubs se vlerke was oop oor die plek waar die kis gestaan het, die gerubs het die kis en sy dra-houte toegemaak.
9 Die dra-houte van die kis was so lank dat ’n mens hulle punte kon sien as hy voor die binneste kamer gestaan het, maar ’n mens kon die punte nie sien as hy buite gestaan het nie. Die dra-houte is nou nog daar.