13 Ek sal miskien die hemel toesluit en dit sal nie reën nie, of Ek sal vir die sprinkane sê hulle moet al die koring in die land opvreet, of Ek sal pes na my volk toe stuur.
14 As my volk wat my Naam dra, hulleself verneder en hulle bid en hulle kom na My toe en hulle hou op om sleg te lewe, dan sal Ek in die hemel hoor en Ek sal hulle sonde vergewe. Ek sal hulle land laat word soos dit voorheen was.
15 Nou sal Ek sorg vir hierdie plek en Ek sal luister wanneer iemand hier bid.
16 Ek het nou hierdie plek gekies en Ek het dit gewy sodat dit altyd aan My sal behoort. Ek sal altyd sorg vir die plek en daaraan dink.
17 En jy, Salomo, as jy lewe voor My soos jou pa Dawid gelewe het, en jy doen alles wat Ek vir jou sê, as jy doen wat Ek wil hê en wat Ek besluit,
18 dan sal Ek jou en jou nageslag altyd laat regeer. Ek het dit vir jou pa Dawid belowe. Ek het vir hom gesê: ‘Iemand uit jou nageslag sal altyd oor die volk Israel regeer.’
19 Maar as julle ophou om My te dien en julle doen nie meer wat Ek wil hê nie, as julle nie gehoorsaam is aan die gebooie wat Ek vir julle gegee het nie en julle gaan dien ander gode en julle buig voor hulle,