1 Salomo het 20 jaar lank gebou om die tempel en sy paleis klaar te maak. Daarna
2 het hy die stede reggemaak wat Hiram vir hom gegee het. Hy het Israeliete daar laat woon.
3 Salomo het na die stad Hamat-Soba gegaan en hy het die mense van die stad oorwin.
4 Hy het die stad Tadmor in die woestyn gebou en al die stede in die land Hamat. Hy het sy goed daar gebêre.