10 Salomo het 250 belangrike amptenare gehad wat moes kyk dat die mense hulle werk doen.
11 Salomo het die dogter van die farao uit die Dawidstad gebring na die huis wat hy vir haar gebou het. Hy het gesê: “’n Vrou van my mag nie woon in die paleis van koning Dawid van Israel nie, want die plekke is gewyd waar die kis van die Here gekom het.”
12 Daarna het Salomo brand-offers vir die Here gebring op die altaar van die Here. Salomo het die altaar voor die voorportaal van die tempel laat bou.
13 Hy het ge-offer soos dit elke dag nodig was, en soos Moses gesê het. Hy het ge-offer op die Sabbatdae, op die Nuwemaan-feeste, en op die drie groot feeste wat hulle elke jaar gevier het: die Fees van die Ongesuurde Brood, die Fees van die Weke en die Hutte-fees.
14 Salomo het groepe priesters gekies en aangestel vir hulle werk en hy het Leviete aangestel om die Here te prys en die priesters te help. Hy het gedoen soos sy pa Dawid gesê het. Hy het ook poortwagte aangestel om elke dag by al die poorte te werk, want so het Dawid, die man van God, gesê.
15 Hulle het alles gedoen wat die koning gesê het oor die priesters en die Leviete en oor die stoorkamers.
16 So het Salomo alles gedoen van die dag toe hy die fondamente van die tempel gebou het totdat hy die tempel heeltemal klaar gebou het.