6 Hy het die stad Baälat gebou en ook al die stede waar hy sy goed gebêre het en die stede waar sy oorlogkarre en sy ryperde was. Salomo het alles gebou wat hy wou bou in Jerusalem en op die Libanon-berg en in die hele land waar hy koning was.
7 In die land was daar mense wat nie Israeliete was nie, dit was die Hetiete, die Amoriete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete.
8 Hulle was die nageslag van die mense wat oorgebly het in die land, die Israeliete het hulle nie doodgemaak nie. Salomo het hulle almal baie hard laat werk, hulle doen dit nou nog.
9 Maar Salomo het gesê die Israeliete mag nie slawe word nie. Hulle was sy soldate en die offisiere van die soldate op die oorlogkarre en die perde.
10 Salomo het 250 belangrike amptenare gehad wat moes kyk dat die mense hulle werk doen.
11 Salomo het die dogter van die farao uit die Dawidstad gebring na die huis wat hy vir haar gebou het. Hy het gesê: “’n Vrou van my mag nie woon in die paleis van koning Dawid van Israel nie, want die plekke is gewyd waar die kis van die Here gekom het.”
12 Daarna het Salomo brand-offers vir die Here gebring op die altaar van die Here. Salomo het die altaar voor die voorportaal van die tempel laat bou.