28 Salomo het perde laat kom uit Egipte en uit al die lande.
29 Die ander dinge wat Salomo voorheen en later gedoen het, is geskryf in hierdie boeke: die Geskiedenis van die Profeet Natan, die Boodskappe van Agija van Silo en die Dinge wat die Siener Iddo gesien het en geskryf het oor Jerobeam seun van Nebat.
30 Salomo was 40 jaar lank koning in Jerusalem oor die hele Israel.
31 Salomo het gesterf, en hulle het hom begrawe in die stad van sy pa Dawid. Salomo se seun Rehabeam het koning geword ná Salomo.