1 Die Here sê:“Die mense van Moabhet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle koning het die koning van Edomse bene verbrandom kalk te maak.
2 Daarom sal Ek ’n vuur stuurna die land Moab.Die mooi huise van die stad Kerijotsal afbrand.Hulle vyande sal hard skree,hulle sal brul soos leeusen hulle sal die ramshoring blaas.Hulle sal oorlog maak teen Moab,en die Moabiete sal sterf.
3 Ek sal die koning van Moaben al sy amptenaresaam met hom doodmaak.”Dit is wat die Here gesê het.
4 Die Here sê:“Die mense van die land Judahet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Die wet van die Herewas nie vir hulle belangrik nie.Hulle het nie gedoenwat die Here gesê het nie.Hulle voorvadershet vals gode aanbid,en daarom het die mense van Judaverkeerd gedoen.
5 Daarom sal Ek ’n vuur stuurna die land Juda,en die mooi huisevan die stad Jerusalemsal afbrand.”
6 Die Here sê:“Die mense van Israelhet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle het onskuldige mense verkoopom geld te kry,en die mense het slawe geword.Hulle het arm mense verkoopomdat die arm mensegeld geskuld het vir ’n paar sandale.
7 Hulle trap die arm mensese koppe in die grond in.Hulle doen nie regaan die mense wat niks het nie.’n Jongman en sy paslaap by dieselfde slawe-meisie,en so ontwy hullemy heilige Naam.