1 Luister wat sê die Here vir julle,vroue op Samaria-berg.Julle is so vet soos die koeiewat in die land Basan wei.Julle verdruk die mensewat swak en arm is,julle laat hulle swaarkry.Julle sê vir julle mans:“Bring wynsodat ons kan drink!”
2 Die Here het belowe en Hy, die heilige God, is self die getuie. Hy het gesê:“Daar sal ’n tyd komwanneer die vyandejulle sal optelmet skerp ysters en met vishoeke.
3 Julle sal almal reguituit die stad moet gaan,reguit oor die afgebreekte muur.Die vyande sal julle wegjaagna Hermon-berg.”Dit sê die Here.
4 “Mense van Israel,julle moet na die stad Bet-El komas julle sonde wil doen,julle moet na die stad Gilgal komas julle nog meer sonde wil doen!Bring elke oggend julle offers,bring julle tiendeselke derde dag.
5 Brand dank-offers,brand brood met suurdeeg in.Vertel vir almalvan julle vrywillige offers.Julle Israeliete hou daarvanom te spog.”Dit sê die Here.