7 Die Here het vir my gewys wat Hy wil doen. Hy het by ’n regop muur gestaan en daar was ’n skietlood in sy hand.
8 Hy het vir my gevra: “Amos, wat sien jy?”Ek het gesê: “Ek sien ’n skietlood.”Toe het die Here gesê: “Ek sal nou met my volk, die Israeliete, doen soos ’n mens doen met ’n muur wat nie regop is nie. Ek sal nie weer hulle sonde vergewe nie.
9 Ek sal die offer-plekke afbreek wat die Israeliete gebou het, Ek sal hulle tempels afbreek. Ek sal koning Jerobeam se nageslag in ’n oorlog laat sterf.”
10 Amasia was die priester van Bet-El. Hy het vir koning Jerobeam van Israel ’n boodskap gestuur en gesê: “Amos maak slegte planne teen jou. Wat hy sê, is gevaarlik vir die land.
11 Amos sê vir die Israeliete: ‘Koning Jerobeam sal in ’n oorlog sterf, en die vyande sal die Israeliete vang en wegvat na ’n ander land.’ ”
12 Vir Amos het die priester Amasia gesê: “Gaan weg, profeet! Gaan terug na die land Juda. Gaan wees daar ’n profeet en gaan verdien jou geld daar.
13 Hier in die stad Bet-El mag jy nie meer ’n profeet wees nie, want hierdie tempel is die koning en die land Israel se tempel.”