9 Ek sal die offer-plekke afbreek wat die Israeliete gebou het, Ek sal hulle tempels afbreek. Ek sal koning Jerobeam se nageslag in ’n oorlog laat sterf.”
10 Amasia was die priester van Bet-El. Hy het vir koning Jerobeam van Israel ’n boodskap gestuur en gesê: “Amos maak slegte planne teen jou. Wat hy sê, is gevaarlik vir die land.
11 Amos sê vir die Israeliete: ‘Koning Jerobeam sal in ’n oorlog sterf, en die vyande sal die Israeliete vang en wegvat na ’n ander land.’ ”
12 Vir Amos het die priester Amasia gesê: “Gaan weg, profeet! Gaan terug na die land Juda. Gaan wees daar ’n profeet en gaan verdien jou geld daar.
13 Hier in die stad Bet-El mag jy nie meer ’n profeet wees nie, want hierdie tempel is die koning en die land Israel se tempel.”
14 Amos het vir Amasia gesê: “Ek is nie ’n gewone profeet nie. Ek is nie saam met die ander profete nie. Ek is ’n boer. Ek boer met beeste en met bokke en skape, en ek plant wildevyebome.
15 Maar die Here het my weggeneem van die skape en bokke, en Hy het vir my gesê: ‘Jy moet my profeet wees. Gaan sê vir my volk, die Israeliete, Ek sal hulle straf.’