1 Die Here het vir my gewys wat Hy wil doen. Daar was ’n mandjie vrugte,
2 en die Here het vir my gevra: “Amos, wat sien jy?”Toe sê ek: “Ek sien ’n mandjie vrugte. Hulle is ryp en dit is tyd om hulle te eet.”Die Here het toe vir my gesê:“Dit is nou die tyd.Ek sal my volk, die Israeliete,se sonde nie weer vergewe nie.
3 Wanneer Ek kom om hulle te straf,dan sal die mense in die koning se paleisnie meer sing nie,hulle sal huil.Daar sal baie lyke wees.Die vyande sal nie praat nie,hulle sal die lykeoral op die grond gooi.
4 “Luister na wat Ek sê.Julle doen slegte dingeaan die arm mense,julle wil die mensewat niks het nie, doodmaak.
5 Julle sê:‘Wanneer isdie Nuwemaan-fees verby?Dan kan ons weer koring verkoop.Wanneer is die Sabbatdag verby?Dan kan ons weerons koringwinkels oopmaaken skelm wees.Wanneer ons die koring weeg,dan sal ons die mense te veel laat betaal.’
6 Julle verkoop ookdie koring se kafen julle verkoop arm menseomdat hulle geld skuldvir ’n paar sandale.Dan word die mense slawe.”
7 Die Here het belowe,en Hy is self die getuie.Hy is God.Die Israeliete moet Hom eer.Hy het gesê:“Ek sal altyd onthouwat julle gedoen het.