4 “Luister na wat Ek sê.Julle doen slegte dingeaan die arm mense,julle wil die mensewat niks het nie, doodmaak.
5 Julle sê:‘Wanneer isdie Nuwemaan-fees verby?Dan kan ons weer koring verkoop.Wanneer is die Sabbatdag verby?Dan kan ons weerons koringwinkels oopmaaken skelm wees.Wanneer ons die koring weeg,dan sal ons die mense te veel laat betaal.’
6 Julle verkoop ookdie koring se kafen julle verkoop arm menseomdat hulle geld skuldvir ’n paar sandale.Dan word die mense slawe.”
7 Die Here het belowe,en Hy is self die getuie.Hy is God.Die Israeliete moet Hom eer.Hy het gesê:“Ek sal altyd onthouwat julle gedoen het.
8 Die mense van die landsal bang word hieroor en bewe.Almal wat hier woon,sal huil en treur.Al die mense in die landsal skrik en wegvlugsoos die water in die Nyl-rivierwat vol word en wegloop.”
9 Die Here sê:“Op daardie dag sal Ek die sonin die middel van die daglaat ondergaan.Ek sal dit donker maakop die aardewanneer dit nog dag is.
10 Ek sal alles verander.Julle sal nie feesvier nie,julle sal treur.Julle sal nie sing nie, julle sal huiloor almal wat dood is.Julle sal rouklere aantreken julle koppe kaal skeer.Julle sal rou soos iemandwat rou oor sy enigste kindwat dood is.Dit sal vir julle’n baie slegte dag word.”