6 Julle verkoop ookdie koring se kafen julle verkoop arm menseomdat hulle geld skuldvir ’n paar sandale.Dan word die mense slawe.”
7 Die Here het belowe,en Hy is self die getuie.Hy is God.Die Israeliete moet Hom eer.Hy het gesê:“Ek sal altyd onthouwat julle gedoen het.
8 Die mense van die landsal bang word hieroor en bewe.Almal wat hier woon,sal huil en treur.Al die mense in die landsal skrik en wegvlugsoos die water in die Nyl-rivierwat vol word en wegloop.”
9 Die Here sê:“Op daardie dag sal Ek die sonin die middel van die daglaat ondergaan.Ek sal dit donker maakop die aardewanneer dit nog dag is.
10 Ek sal alles verander.Julle sal nie feesvier nie,julle sal treur.Julle sal nie sing nie, julle sal huiloor almal wat dood is.Julle sal rouklere aantreken julle koppe kaal skeer.Julle sal rou soos iemandwat rou oor sy enigste kindwat dood is.Dit sal vir julle’n baie slegte dag word.”
11 Die Here het gesê:“Daar sal ’n tyd komwanneer Ek almal in die landhonger sal maak.Maar hulle sal nie honger weesvir kos of dors wees vir water nie.Hulle sal honger weesvir die woorde van die Here.
12 Hulle sal soek van die een seetot by die ander see.Hulle sal oral soek,van die noorde tot by die ooste,om te hoor wat die Here sê,maar hulle sal niks hoor nie.