8 Die mense van die landsal bang word hieroor en bewe.Almal wat hier woon,sal huil en treur.Al die mense in die landsal skrik en wegvlugsoos die water in die Nyl-rivierwat vol word en wegloop.”
9 Die Here sê:“Op daardie dag sal Ek die sonin die middel van die daglaat ondergaan.Ek sal dit donker maakop die aardewanneer dit nog dag is.
10 Ek sal alles verander.Julle sal nie feesvier nie,julle sal treur.Julle sal nie sing nie, julle sal huiloor almal wat dood is.Julle sal rouklere aantreken julle koppe kaal skeer.Julle sal rou soos iemandwat rou oor sy enigste kindwat dood is.Dit sal vir julle’n baie slegte dag word.”
11 Die Here het gesê:“Daar sal ’n tyd komwanneer Ek almal in die landhonger sal maak.Maar hulle sal nie honger weesvir kos of dors wees vir water nie.Hulle sal honger weesvir die woorde van die Here.
12 Hulle sal soek van die een seetot by die ander see.Hulle sal oral soek,van die noorde tot by die ooste,om te hoor wat die Here sê,maar hulle sal niks hoor nie.
13 Mooi meisies en jongmanssal daardie dagbaie dors word en flou val.
14 Wanneer hulle iets belowe het,dan het hulle altyd gesê:‘Die afgod van Samariais die getuie,’of hulle het vir die stad Dan gesê:‘So sekersoos jou god lewe!’of: ‘So seker soos daar’n pad is na die stad Berseba!’Maar hulle sal val,hulle sal nie weer opstaan nie.”