4 Wanneer hulle vyande hulle vangen hulle wegvat na ’n ander land,dan sal Ek hulle daar laat doodmaakin ’n oorlog.Ek sal na hulle kyk,nie om hulle te help nie,maar sodat dit slegmet hulle sal gaan.”
5 Die Here regeer oor alles.Wanneer Hy aan die aarde raak,dan smelt dit,en almal wat op die aarde woon,huil en treur.Al die mense in die landsal skrik en wegvlugsoos die water in die Nyl-rivierwat vol word en wegloop.
6 Die Here het vir Hom’n huis gebou hoog in die hemel.Hy het die ronde dakoor die aarde gesit.Hy bring die wolke uit die seeen Hy laat dit reën op die land.Sy Naam is die Here.
7 Die Here het gesê:“Israeliete, julle is vir Mysoos die mense van die land Kus.Julle is nie anders nie.Dit is waar, Ek het die Israelieteuit Egipte gebring,maar Ek het ook die Filistyneuit die eiland Kaftor gebringen Ek het die Arameërsuit die land Kir gebring.
8 En nou sien Ek die Israelieteis ’n volk wat baie sonde doen.Ek sal hulle wegveevan die aarde af!Maar Ek sal hulle niealmal doodmaak nie.
9 Ek sal vir die volke sêwat hulle moet doen.Ek sal die Israelietetussen die volke skudsoos ’n mens koring in ’n sif skud.Die koringkorrels sal niedeur die sif op die grond val nie.So sal Ek die Israelieteskud in die sif.
10 Al die sondaars van my volksal in die oorlog sterf.Hulle sê nou:‘U sal ons nie strafen dit sleg laat gaan met ons nie.’Maar hulle sal sterf.”