2 Ek sal op die plat klippe dieselfde woorde skryf wat op die eerste twee klippe was, die klippe wat jy gebreek het. Jy moet dan hierdie plat klippe in die kis sit.’
3 “Ek het toe ’n kis gemaak van doringhout, en ek het twee plat klippe uitgekap soos die eerste twee klippe. Ek het toe teen die berg opgegaan. Ek het die twee plat klippe in my hande gedra.
4 Die Here het dieselfde woorde op die plat klippe geskryf, dit was die tien gebooie wat die Here vir julle gegee het toe Hy gepraat het uit die vuur op die berg waar julle bymekaar was. Die Here het die plat klippe vir my gegee,
5 en ek het afgegaan van die berg. Ek het teruggegaan en ek het die klippe gesit in die kis wat ek gemaak het, soos die Here vir my gesê het. Die klippe is nog daar.
6 “Die Israeliete het van daardie plek, Beërot-Bene-Jakan, verder gegaan na Mosera. Aäron het daar gesterf, en ons het hom daar begrawe. Sy seun Eleasar het ná hom die priester geword.
7 Hulle het toe verder gegaan na Gudgoda en van Gudgoda na Jotbata. Jotbata is ’n plek waar daar baie water is.
8 “In daardie tyd het die Here die Levi-stam vir Hom geneem om die verbondskis van die Here te dra. Hulle moes Hom daar dien en vir Hom werk, en hulle moes sy Naam gebruik om die Israeliete te seën. Dit is nou nog so.