1 Moses het gesê: “Miskien sal een van julle mense sê hy is ’n profeet, en ’n ander persoon sal miskien sê hy weet wat drome beteken. Iemand sal miskien vir julle ’n teken wys of ’n wonderwerk doen.
2 Miskien sal die dinge gebeur wat hy gesê het toe hy die teken of die wonderwerk gedoen het, en hy sal dan sê: ‘Kom ons gaan dien ander gode,’ gode wat julle nie geken het nie.
3 Dan moet julle nie luister na daardie profeet of daardie persoon wat sê hy weet wat drome beteken nie, want dan is dit julle God die Here wat vir julle toets. Julle God die Here wil weet of julle lief is vir Hom met julle hele hart.
4 Julle moet altyd julle God die Here dien en eer. Julle moet Hom respekteer en doen wat sy wette sê, julle moet gehoorsaam wees aan Hom en Hom dien, julle moet lewe soos Hy wil hê.
5 Maar daardie profeet of daardie persoon wat sê hy weet wat drome beteken, moet sterf, want hy wou julle opstandig maak teen julle God die Here. En Hý is die God wat julle uit die land Egipte gebring het, Hý het julle losgekoop uit die land waar julle slawe was. Daardie persoon wou hê julle moet ophou lewe soos julle God die Here vir julle gesê het. Julle moet duidelik wys dat die ander Israeliete nie saam met hom skuldig is nie.