7 In die woonplekke in die land wat julle God die Here vir julle gee, sal daar miskien party van julle eie mense wees wat arm is. Dan moet julle vir hulle help, julle harte moenie hard wees en julle hande moenie toe wees vir julle arm naaste nie.
8 Nee, julle moet graag gee, julle moet vir so iemand alles leen wat hy moet hê.
9 Jy mag nie onvriendelik wees met jou naaste en niks vir hom wil leen nie omdat die sewende jaar naby is, die jaar wanneer jy moet sê dat mense wat vir julle geld skuld, dit mag hou. Iemand wat dit doen, doen ’n verkeerde ding. Want as jy nie vir hom wil help nie, dan sal hy miskien vir die Hére vra om hom te help, en jy sal skuldig wees omdat jy verkeerd gedoen het.
10 Julle moet graag gee en julle moenie ontevrede wees wanneer julle gee nie, want as jy graag gee, dan sal jou God die Here dit goed laat gaan met jou, met alles wat jy doen.
11 Daar sal altyd arm mense in die land wees. Daarom sê ek vir julle dat julle graag moet gee vir die mense wat hulleself nie kan help nie, vir die arm mense in die land.”
12 “Wanneer ’n ander Israeliet, ’n Hebreeuse man of vrou, homself aan jou verkoop het, en hy het ses jaar lank vir jou gewerk, dan moet jy hom in die sewende jaar vry laat weggaan.
13 En wanneer jy hom vry laat weggaan, dan moet jy vir hom iets gee wanneer hy weggaan.