9 Jy mag nie onvriendelik wees met jou naaste en niks vir hom wil leen nie omdat die sewende jaar naby is, die jaar wanneer jy moet sê dat mense wat vir julle geld skuld, dit mag hou. Iemand wat dit doen, doen ’n verkeerde ding. Want as jy nie vir hom wil help nie, dan sal hy miskien vir die Hére vra om hom te help, en jy sal skuldig wees omdat jy verkeerd gedoen het.
10 Julle moet graag gee en julle moenie ontevrede wees wanneer julle gee nie, want as jy graag gee, dan sal jou God die Here dit goed laat gaan met jou, met alles wat jy doen.
11 Daar sal altyd arm mense in die land wees. Daarom sê ek vir julle dat julle graag moet gee vir die mense wat hulleself nie kan help nie, vir die arm mense in die land.”
12 “Wanneer ’n ander Israeliet, ’n Hebreeuse man of vrou, homself aan jou verkoop het, en hy het ses jaar lank vir jou gewerk, dan moet jy hom in die sewende jaar vry laat weggaan.
13 En wanneer jy hom vry laat weggaan, dan moet jy vir hom iets gee wanneer hy weggaan.
14 Jy moet vir hom genoeg gee van jou skape en bokke en van jou koring en jou wyn, jy moet vir hom gee van die dinge wat jy het omdat jou God die Here jou geseën het.
15 Jy moet onthou dat jy ’n slaaf was in die land Egipte, en dat jou God die Here jou losgekoop het. Dit is hoekom ek vandag dit vir jou sê.