1 Moses het gesê: “Jy moet die maand Abib onthou. Jy moet die Paasfees vir jou God die Here vier, want jou God die Here het julle in die maand Abib uit Egipte gebring, in die nag.
2 Jy moet ’n Paasfees-offer vir jou God die Here bring, jy moet ’n skaap of ’n bok of ’n bees slag op die plek wat die Here sal kies waar julle Hom moet aanbid.
3 Jy moenie suurdeeg eet saam met die Paasfees-offer se vleis nie. Jy moet sewe dae lank ongesuurde brood eet saam met die vleis. Hierdie brood sal jou laat onthou dat julle swaargekry het toe julle vinnig uit die land Egipte moes gaan. So moet jy altyd die dag onthou toe julle uit Egipte gegaan het.
4 Daar moet sewe dae lank niks suurdeeg in julle hele land wees nie. En daar mag nie van die vleis oorbly tot die volgende oggend nie, die vleis wat jy die aand van die eerste dag ge-offer het.
5 Jy mag ook nie die Paasfees-offer bring in een van die woonplekke wat julle God die Here vir julle gee nie.