12 Julle moet onthou dat julle ook slawe was in die land Egipte en julle moet doen wat hierdie wette sê.”
13 “Wanneer julle klaar koring getrap het op die dorsvloer en klaar wyn gemaak het in die parskuip, dan moet julle die Hutte-fees sewe dae lank vier.
14 Julle moet saam feesvier, julle en julle kinders, en julle slawe en slavinne, en die vreemdelinge en weeskinders en weduwees wat by julle woon.
15 Julle moet die fees sewe dae lank vir julle God die Here vier op die plek wat die Here sal kies, want julle God die Here sal dit goed laat gaan met julle koring-oeste en met alles wat julle doen. Julle sal graag hierdie fees wil vier.”
16 “Al julle mans en seuns moet drie maal elke jaar julle God die Here kom aanbid op die plek wat Hy sal kies. Hulle moet dit doen op die Fees van die Ongesuurde Brood, die Fees van die Weke en die Hutte-fees. En elkeen moet iets saambring vir die Here.
17 Elkeen moet presente saambring, hy moet self besluit hoeveel hy wil gee omdat sy God die Here hom geseën het en dit alles vir hom gegee het.”
18 “Julle moet regters en voormanne vir al die stamme kies en aanstel in al die woonplekke wat julle God die Here vir julle gee. Hulle moet die mense oordeel en hulle moet regverdig wees wanneer hulle besluit.