8 Dan moet julle ses dae lank ongesuurde brood eet, en die sewende dag moet ’n gewyde feesdag wees vir julle God die Here. Dan mag julle nie werk doen nie.”
9 “Jy moet sewe weke tel van die dag wanneer julle begin om die koring af te sny met die sekel.
10 Dan moet julle die Fees van die Weke vier vir jou God die Here. Jy moet self besluit hoeveel offers jy wil bring omdat jou God die Here jou geseën het.
11 Julle moet feesvier voor julle God die Here op die plek wat Hy sal kies sodat julle Hom daar kan aanbid, julle en julle kinders, en julle slawe en slavinne, en die vreemdelinge en weeskinders en weduwees wat by julle woon.
12 Julle moet onthou dat julle ook slawe was in die land Egipte en julle moet doen wat hierdie wette sê.”
13 “Wanneer julle klaar koring getrap het op die dorsvloer en klaar wyn gemaak het in die parskuip, dan moet julle die Hutte-fees sewe dae lank vier.
14 Julle moet saam feesvier, julle en julle kinders, en julle slawe en slavinne, en die vreemdelinge en weeskinders en weduwees wat by julle woon.