10 Hulle sal dit vir julle sê op daardie plek wat die Here sal kies, en julle moet dit dan alles doen, julle moet presies doen wat hulle vir julle sê.
11 Hulle sal vir julle sê wat die wette van die Here sê en wat julle moet besluit, en julle moet dit so doen. Julle moet alles doen wat hulle vir julle sê, julle moet dit presies so doen.
12 ’n Persoon wat opstandig is en wat nie luister na die regter of na die priester wat daar vir die Here moet werk nie, moet sterf. So sal julle duidelik wys dat die ander Israeliete nie saam met die persoon skuldig is nie.
13 Al die mense moet dit hoor en hulle moet bang word, sodat nie een van hulle weer opstandig sal wees nie.”
14 “Wanneer julle by die land kom wat julle God die Here vir julle gee, sal julle die land vir julleself vat en julle sal daar gaan woon. Julle sal dan sê julle wil ’n koning kies en aanstel soos al die ander volke doen wat rondom julle woon.
15 Dan moet julle ’n koning aanstel, maar dit moet die koning wees wat julle God die Here sal kies. Julle moet een van julle eie mense aanstel om koning oor julle te wees, julle mag nie iemand aanstel wat nie ’n Israeliet is nie.
16 “En die koning moenie baie perde wil hê nie, en hy mag nie die volk terugneem na die land Egipte om baie perde vir homself te kry nie. Die Here het gesê julle moenie weer op daardie pad gaan nie.