10 Niemand moet sy kind verbrand nie, niemand moet sê hy weet dinge wat ander mense nie kan weet nie. Hy moet ook nie sê hy sien tekens en hy weet wat sal gebeur nie, of hy kan toor,
11 of hy kan met slange praat, of hy kan vir die gees van iemand wat dood is, vra wat sal gebeur, of hy is ’n waarsêer nie.
12 Want die Here haat elke mens wat hierdie dinge doen, en daarom jaag die Here daardie volke weg om plek te maak vir julle.
13 Julle moet aan die Here behoort met julle hele hart.
14 Julle sal nou ander volke se grond gaan vat, daardie volke luister na mense wat sê hulle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie, hulle luister na waarsêers, maar julle mag dit nie doen nie, julle God die Here wil nie hê dat julle dit moet doen nie.”
15 “Julle God die Here sal een van julle stuur om ’n profeet te wees soos ek. Julle moet luister na daardie profeet.
16 Julle het dit vir julle God die Here gevra by Horeb-berg toe julle daar bymekaar was. Julle het gesê: ‘Ons wil nie weer die stem van ons God die Here hoor nie, ons wil nie weer hierdie groot vuur sien nie, want dan sal ons sterf.’