13 Julle moet aan die Here behoort met julle hele hart.
14 Julle sal nou ander volke se grond gaan vat, daardie volke luister na mense wat sê hulle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie, hulle luister na waarsêers, maar julle mag dit nie doen nie, julle God die Here wil nie hê dat julle dit moet doen nie.”
15 “Julle God die Here sal een van julle stuur om ’n profeet te wees soos ek. Julle moet luister na daardie profeet.
16 Julle het dit vir julle God die Here gevra by Horeb-berg toe julle daar bymekaar was. Julle het gesê: ‘Ons wil nie weer die stem van ons God die Here hoor nie, ons wil nie weer hierdie groot vuur sien nie, want dan sal ons sterf.’
17 “Die Here het toe vir my gesê: ‘Hulle is reg,
18 Ek sal vir hulle ’n profeet stuur, die profeet sal een van hulle eie mense wees. Ek sal vir hom sê wat hy moet sê, en hy sal vir hulle alles sê wat Ek vir hom sê.
19 En Ek sal self die persoon straf wat nie luister na wat Ek sê wanneer Ek die profeet stuur nie.