12 dan moet die leiers van sy stad mense stuur en hulle moet hom wegvat uit die asielstad. Hulle moet hom gee vir die naaste familielid van die man wat hy doodgemaak het, sodat hy ook kan sterf.
13 Julle moenie jammer wees vir hom nie, julle moet duidelik wys dat die ander Israeliete nie ook skuldig is nie, hulle het hom nie vermoor nie. Dan sal dit goed gaan met julle.”
14 “Julle moenie die klippe op die grens tussen jou en jou buurman op ’n ander plek sit nie. Mense het voorheen gesê waar die grense moet wees van die plase wat julle sal kry in die land wat julle God die Here vir julle gee sodat julle dit vir julleself kan vat.”
15 “Een getuie alleen mag nie teen iemand getuig en sê dat hy enige iets verkeerd gedoen het nie. Daar moet twee of drie getuies wees wat sê dat hy iets verkeerd gedoen het, so kan hulle bewys dat hulle die waarheid praat.
16 ’n Getuie wil miskien hê dat dit sleg moet gaan met iemand en dan jok hy en sê dat die persoon verkeerd gedoen het.
17 Dan moet hulle altwee voor die Here kom staan, voor die regters en die priesters wat dan daar is,
18 en die regters moet baie vrae vir hulle vra. Wanneer die regters dan uitvind dat die getuie nie die waarheid praat nie en dat hy die ander persoon vals beskuldig,