6 As iemand wil vlug en daar is nie ’n asielstad naby nie, dan sal die naaste familielid van die persoon wat dood is, miskien die man wat hom doodgemaak het, kan volg en vang en hy sal die man doodmaak voordat hy by die asielstad kan kom. En dit sal nie reg wees nie, want die man was nie voorheen die persoon se vyand nie, hy moenie sterf nie.
7 Dit is hoekom ek sê dat daar drie asielstede moet wees.
8 Maar as julle God die Here vir julle ’n groot land gee, die hele land wat Hy aan julle voorvaders belowe het,
9 dan moet julle daardie drie stede en nóg drie ander asielstede ook kies. Maar dan moet julle doen wat al die wette sê wat ek vandag vir julle gee. Julle moet lief wees vir julle God die Here en julle moet altyd lewe soos Hy wil hê.
10 Julle mag niemand wat onskuldig is, doodmaak in die land wat julle God die Here vir julle gee sodat dit julle land kan wees nie. As dit gebeur, dan sal julle skuldig wees, soos ’n moordenaar.
11 “Maar wanneer iemand ’n ander mens haat en hy wag vir hom en hy slaan hom dood en hy vlug dan na een van hierdie asielstede,
12 dan moet die leiers van sy stad mense stuur en hulle moet hom wegvat uit die asielstad. Hulle moet hom gee vir die naaste familielid van die man wat hy doodgemaak het, sodat hy ook kan sterf.