11 dan sal jy miskien tussen die gevangenes ’n mooi vrou sien en verlief word op haar en met haar wil trou.
12 Dan moet jy haar na jou huis bring, en sy moet haar hare afskeer en haar naels knip
13 en haar klere uittrek, die klere wat wys dat sy ’n gevangene is. Sy moet dan in jou huis bly en ’n maand lank huil en treur oor haar ouers. Daarna kan jy met haar trou en by haar slaap, en dan kan sy jou vrou word.
14 As jy later nie meer van haar hou nie, dan moet jy haar laat gaan waarnatoe sy wil gaan. Jy mag haar nie verkoop nie en jy moet haar nie ’n slavin maak nie, want jy het gesê sy móét met jou trou.”
15 “’n Man het miskien twee vroue en hy hou baie van die een vrou, maar hy hou nie so baie van die ander vrou nie. Altwee vroue kry miskien seuns, en die oudste seun is die seun van die vrou van wie die man nie so baie hou nie.
16 Wanneer die man sê wie sy goed moet erf, dan mag hy nie die regte van die oudste seun gee vir die seun van die vrou van wie hy baie hou nie, want dit is die regte van die oudste seun, die seun van die vrou van wie hy nie so baie hou nie.
17 Nee, hy moet wys dat hy weet dat die oudste seun twee maal meer moet erf as die ander seun, ook as hy die seun is van die vrou van wie hy nie so baie hou nie. Hoekom? Want die oudste seun is sy eerste kind, en hý moet die regte van die oudste seun kry.”