16 Wanneer die man sê wie sy goed moet erf, dan mag hy nie die regte van die oudste seun gee vir die seun van die vrou van wie hy baie hou nie, want dit is die regte van die oudste seun, die seun van die vrou van wie hy nie so baie hou nie.
17 Nee, hy moet wys dat hy weet dat die oudste seun twee maal meer moet erf as die ander seun, ook as hy die seun is van die vrou van wie hy nie so baie hou nie. Hoekom? Want die oudste seun is sy eerste kind, en hý moet die regte van die oudste seun kry.”
18 “Iemand het miskien ’n seun wat hardkoppig en opstandig is en wat nie luister na sy ouers nie. Die ouers sê vir hom hoe hy moet lewe, maar hy luister nie na hulle nie.
19 Dan moet sy ouers hom na die leiers van die stad neem, na die poort van die stad waar hy woon.
20 Sy ouers moet vir die leiers van die stad sê: ‘Hierdie seun van ons is hardkoppig en opstandig, hy doen nie wat ons sê nie, hy wil net eet en drink.’
21 “Dan moet al die mans van die stad die seun doodgooi met klippe. Julle moet al die dinge wat sleg is, wegvat tussen julle. Al die Israeliete sal daarvan hoor en hulle sal bang word.”
22 “’n Regter straf miskien iemand en laat hom doodmaak, en hulle hang hom op aan ’n paal.