19 Dan moet sy ouers hom na die leiers van die stad neem, na die poort van die stad waar hy woon.
20 Sy ouers moet vir die leiers van die stad sê: ‘Hierdie seun van ons is hardkoppig en opstandig, hy doen nie wat ons sê nie, hy wil net eet en drink.’
21 “Dan moet al die mans van die stad die seun doodgooi met klippe. Julle moet al die dinge wat sleg is, wegvat tussen julle. Al die Israeliete sal daarvan hoor en hulle sal bang word.”
22 “’n Regter straf miskien iemand en laat hom doodmaak, en hulle hang hom op aan ’n paal.
23 Dan mag sy lyk nie in die nag aan die paal bly hang nie. Julle moet hom dieselfde dag begrawe. Julle moet dit doen, want God het die persoon vervloek wat aan die paal hang. Julle mag nie die grond ontwy wat julle God die Here vir julle gee om aan julle te behoort nie.”