8 Here, U moet versoening doen vir u volk Israel, U het hulle losgekoop, U moenie u volk Israel straf oor iets wat hulle nie gedoen het nie.’“Dan sal die Here versoening doen vir die moord.
9 Julle self moet alles wegvat wat julle skuldig kan maak, ja, julle moet dinge doen waarvan die Here hou.”
10 “Wanneer jy teen jou vyande gaan oorlog maak, en die Here laat jou wen, en jy maak die mense jou gevangenes,
11 dan sal jy miskien tussen die gevangenes ’n mooi vrou sien en verlief word op haar en met haar wil trou.
12 Dan moet jy haar na jou huis bring, en sy moet haar hare afskeer en haar naels knip
13 en haar klere uittrek, die klere wat wys dat sy ’n gevangene is. Sy moet dan in jou huis bly en ’n maand lank huil en treur oor haar ouers. Daarna kan jy met haar trou en by haar slaap, en dan kan sy jou vrou word.
14 As jy later nie meer van haar hou nie, dan moet jy haar laat gaan waarnatoe sy wil gaan. Jy mag haar nie verkoop nie en jy moet haar nie ’n slavin maak nie, want jy het gesê sy móét met jou trou.”