11 “Jy mag nie klere dra wat jy saam geweef het van wol-garing en linne-garing nie.
12 Jy moet tossels vaswerk aan die vier hoeke van jou bo-kleed.”
13 “’n Man trou miskien met ’n vrou en hy het seks met haar en dan hou hy nie meer van haar nie.
14 Hy beskuldig haar en hy praat sleg van haar en sê: ‘Ek het getrou met hierdie vrou en toe ek seks gehad het met haar, het ek gesien dat sy nie ’n maagd was nie.’
15 “Dan moet die vrou se pa en ma vir die leiers in die stad se poort gaan wys dat hulle dogter ’n maagd was.
16 Die pa van die vrou moet vir die leiers sê: ‘Ek het my dogter vir hierdie man gegee om sy vrou te wees, maar hy hou nie meer van haar nie.
17 Hy beskuldig haar en hy sê hy het gesien dat sy nie ’n maagd was nie. Maar hier wys ek nou vir julle dat sy ’n maagd was.’“En dan moet die ouers die vrou se bo-kleed wys waarop sy en haar man die eerste nag geslaap het.