18 Die leiers van daardie stad moet dan die man straf.
19 Hulle moet hom 100 sikkels silwer boete laat betaal en hulle moet die geld vir die pa van die vrou gee, want die man het sleg gepraat van ’n jong vrou van die volk Israel. Die man moet dan die vrou altyd hou, hy mag nie van haar skei nie.
20 Maar as die man reg was, en hulle vind uit dat die vrou nie ’n maagd was nie,
21 dan moet hulle die vrou na haar pa se huis bring, en die mans van die stad moet haar doodgooi met klippe. Sy het ’n verkeerde ding gedoen, sy het skande gebring in die volk Israel. Sy het in haar pa se huis seks gehad met ander mans. En julle moet duidelik wys dat julle nie skuldig is saam met haar nie.
22 “Wanneer ’n man seks het met ’n ander man se vrou en julle vind dit uit, dan moet hulle altwee sterf, die man wat seks gehad het met die vrou én die vrou. Julle moet duidelik wys dat die ander Israeliete nie skuldig is saam met hierdie twee mense nie.
23 Wanneer ’n jongmeisie verloof is aan ’n man en ’n ander man kry haar in ’n stad en hy het seks met haar,
24 dan moet julle hulle altwee na die poort van daardie stad bring en julle moet hulle doodgooi met klippe. Die meisie moet sterf omdat sy nie geskree het nie en die man moet sterf omdat hy seks gehad het met iemand anders se vrou. Julle moet duidelik wys dat julle nie skuldig is saam met hulle nie.