22 “Wanneer ’n man seks het met ’n ander man se vrou en julle vind dit uit, dan moet hulle altwee sterf, die man wat seks gehad het met die vrou én die vrou. Julle moet duidelik wys dat die ander Israeliete nie skuldig is saam met hierdie twee mense nie.
23 Wanneer ’n jongmeisie verloof is aan ’n man en ’n ander man kry haar in ’n stad en hy het seks met haar,
24 dan moet julle hulle altwee na die poort van daardie stad bring en julle moet hulle doodgooi met klippe. Die meisie moet sterf omdat sy nie geskree het nie en die man moet sterf omdat hy seks gehad het met iemand anders se vrou. Julle moet duidelik wys dat julle nie skuldig is saam met hulle nie.
25 Maar as ’n man ’n verloofde meisie in die veld kry en hy verkrag haar, dan moet die man alleen sterf.
26 Julle moenie iets aan die meisie doen nie, want sy het nie iets gedoen waaroor sy moet sterf nie. Dit is soos wanneer iemand ’n ander mens kry en hom vermoor.
27 Die man het die meisie in die veld gekry, en sy het miskien geskree en gevra dat iemand haar moet help, maar daar was niemand om haar te help nie.
28 “As ’n man ’n meisie kry wat nie verloof is nie en hy gryp haar en hy het seks met haar,