26 Julle moenie iets aan die meisie doen nie, want sy het nie iets gedoen waaroor sy moet sterf nie. Dit is soos wanneer iemand ’n ander mens kry en hom vermoor.
27 Die man het die meisie in die veld gekry, en sy het miskien geskree en gevra dat iemand haar moet help, maar daar was niemand om haar te help nie.
28 “As ’n man ’n meisie kry wat nie verloof is nie en hy gryp haar en hy het seks met haar,
29 dan moet die man 50 stukke silwer vir die meisie se pa gee en hy moet met die meisie trou. Hy mag nooit van haar skei nie, want hy het haar verkrag.
30 ’n Man mag nie trou met sy pa se vrou nie. ’n Seun mag nie seks hê met ’n vrou wat by sy pa geslaap het nie.”