6 “Wanneer jy loop, dan sal jy miskien ’n voëlnes in ’n boom of op die grond kry. As daar kleintjies of eiers in die nes is, en die ma sit op die nes, dan mag jy nie die ma saam met die kleintjies of die eiers vir jouself vat nie.
7 Jy mag die kleintjies of die eiers vir jouself vat, maar jy moet die ma laat gaan, jy móét dit doen. Dan sal dit goed gaan met jou, en jy sal lank lewe.”
8 “Wanneer jy ’n nuwe huis bou, dan moet jy ’n muurtjie op die kante van die dak bou. As jy dit nie doen nie, en iemand val van die dak af, dan sal jy skuldig wees wanneer hy sterf.”
9 “Jy mag nie ander plante in jou wingerd saai nie. As jy dit doen, dan wy jy alles in jou wingerd aan die Here, die saad van die plante wat jy gesaai het, én die druiwe. Jy moet dan alles vir die Here gee.”
10 “Jy mag nie ’n bees en ’n donkie saam inspan om jou ploeg te trek nie.”
11 “Jy mag nie klere dra wat jy saam geweef het van wol-garing en linne-garing nie.
12 Jy moet tossels vaswerk aan die vier hoeke van jou bo-kleed.”