1 Moses het gesê: “Partymaal stry mense en hulle gaan hof toe, en die regter in die hof sê wie is onskuldig en wie is skuldig.
2 As die regter sê dat die persoon skuldig is en dat hulle hom moet slaan, dan moet die persoon gaan lê en die regter moet kyk dat hulle die persoon slaan. Die regter sê hoeveel houe hy moet kry vir die verkeerde ding wat hy gedoen het.
3 Hy mag 40 houe kry, nie meer nie. As hy meer as 40 houe kry, dan verneder hulle hom. Hulle moenie dit doen nie, want hy is ook ’n Israeliet.”
4 “Jy mag nie ’n bees se bek toebind wanneer hy op die dorsvloer werk nie.”