9 dan moet sy broer se vrou nader kom waar die leiers dit sien, en sy moet sy sandaal van sy voet afhaal. Sy moet in die man se gesig spoeg en sê: ‘Dit is wat ’n mens doen met ’n man wat nie vir sy broer wil help om ’n nageslag te kry nie.’
10 “Al die Israeliete sal dan sê hierdie man se huisgesin is die huisgesin van die man wat sy sandaal verloor het.”
11 “Wanneer twee mans baklei, en die een man se vrou kom nader om haar man te help teen die man wat hom slaan, en sy gryp die ander man se geslagsorgane,
12 dan moet julle haar hand afsny, julle moenie jammer wees vir haar nie.”
13 “Jy moenie skelm wees wanneer jy iets weeg of meet nie. Jy moenie twee soorte gewigte, grotes en kleintjies, in jou sak hê nie.
14 Wanneer jy iets meet, dan moet jy nie twee soorte maatlyne, grotes en kleintjies, in jou huis hê nie.
15 As jy lank wil lewe in die land wat jou God die Here vir jou gee, dan moet jy gewigte en mate gebruik wat reg en eerlik is.