48 Daarom sal jy jou vyande dien, die Here sal hulle na jou toe stuur. Jy sal hulle dien terwyl jy honger en dors is, jy sal kaal wees en jy sal niks hê nie. Die Here sal ’n yster-juk op jou nek sit totdat Hy jou laat sterf.
49 Die Here sal ’n ander volk bring om oorlog te maak teen jou, ’n volk van ’n land wat baie ver weg is van jou. Die vyand sal op jou afkom soos ’n arend uit die lug. Jy sal nie hulle taal ken nie,
50 dit sal ’n wrede volk wees, hulle sal nie oumense respekteer nie en hulle sal ook nie jammer wees vir jongmense nie.
51 Daardie volk sal jou kalwers en lammers, jou koring en vrugte op-eet. Hulle sal aanhou totdat jy gesterf het. Hulle sal niks koring of wyn of olyf-olie vir jou laat oorbly nie, niks kalwers of lammers nie, hulle sal dit doen totdat jy sterf.
52 Hulle sal jou aanval van al die kante, in al jou stede en oral in die land wat jou God die Here vir jou gegee het. Hulle sal dit doen totdat die hoë en sterk mure omgeval het, die mure wat jy gedink het sal jou beskerm.
53 “Wanneer die vyande jou aanval van al die kante en wanneer hulle jou baie swaar laat kry, dan sal jy jou eie kinders eet, jy sal die vleis eet van jou seuns en dogters wat die Here vir jou gegee het.
54 Die man wat ’n sagte hart en mooi maniere het, sal ook wreed wees teen sy broer en teen die vrou vir wie hy lief is en teen sy kinders wat nog lewe.