11 julle kinders, julle vroue, die vreemdelinge wat by julle woon, julle houtkappers en julle waterdraers is almal hier.
12 Julle staan hier om ’n verbond te maak met julle God die Here en om te hoor wat die Here sê. Hy sal sê wat met julle sal gebeur as julle die verbond breek.
13 Julle staan hier omdat die Here vandag wil sê dat julle sy volk is en dat Hy julle God is soos Hy gesê het en soos Hy belowe het vir julle voorvaders Abraham, Isak en Jakob.
14 Ek maak hierdie verbond nie net met julle nie en ek sê nie net vir julle wat met julle sal gebeur as julle die verbond breek nie.
15 Ek maak hierdie verbond met almal wat hier saam met ons staan en ook met almal wat nie vandag hier saam met ons is nie.
16 Want julle weet dat ons in die land Egipte gewoon het en dat ons tussen ander volke deur gegaan het tot hier.
17 Julle het hulle lelike afgode gesien, afgode van hout en klip, silwer en goud.