24 “Die mense van ander volke sal vra: ‘Hoekom het die Here dit gedoen met hierdie land? Hoekom was Hy so kwaad?’
25 En die ander mense sal vir hulle sê: ‘Dit is omdat die mense van die land Israel die verbond gebreek het wat hulle God die Here met hulle gemaak het toe Hy hulle uit die land Egipte gebring het.
26 Hulle het ander gode gaan dien en hulle het voor die gode gebuig, gode wat hulle nie geken het nie en wat nie húlle gode was nie.
27 Die Here het kwaad geword en Hy het met die land alles laat gebeur wat Hy in hierdie boek gesê het.
28 Hy was baie kwaad, Hy het hulle weggevat van hulle grond en Hy het hulle in ’n ander land laat woon, hulle is vandag nog daar.’
29 Ons God die Here weet die dinge wat ons nie weet nie, en ons en ons kinders weet die dinge wat Hy vir ons gesê het: Ons moet altyd alles doen wat hierdie verbond sê.”