4 Ons het toe ál sy stede gevat, daar was nie één stad wat ons nie gevat het nie. Dit was 60 stede, die hele land Argob waaroor koning Og van Basan regeer het.
5 Al daardie stede het sterk en hoë mure gehad, en daar was sterk deure en sluitbalke in die poorte. Ons het ook baie dorpies gevat.
6 Ons het al die mense in die stede en dorpies doodgemaak, al die mans, vroue en kinders, soos ons ook gedoen het met die mense van koning Sihon van Gesbon.
7 Maar ons het die beeste en die goed in die stede vir onsself gevat.”
8 “So het ons daardie tyd die land gevat van die twee Amoriete-konings anderkant die Jordaan-rivier, van die Arnon-vallei tot by Hermon-berg.
9 Die Sidoniërs noem Hermon-berg ‘Sirjon-berg,’ en die Amoriete noem dit ‘Senir-berg.’
10 Ons het al die stede gevat wat op die Hoëveld was, en die hele land Gilead en die hele land Basan, tot by die stede Salka en Edreï. Dit was twee stede in die land Basan van koning Og.