1 Moses het met al die Israeliete gaan praat.
2 Hy het vir hulle gesê: “Ek is vandag 120 jaar oud. Ek kan nie meer goed loop nie. En die Here het vir my gesê ek sal nie oor hierdie Jordaan-rivier gaan nie.
3 Julle God die Here sal self voor julle oor die rivier gaan, Hy sal hierdie volke laat sterf om plek te maak vir julle, en julle sal hulle land vat. Josua sal voor julle oor die rivier gaan, soos die Here gesê het.
4 Die Here sal aan hierdie volke doen wat Hy gedoen het aan die Amoriete se konings Sihon en Og, en aan hulle land, Hy het hulle almal laat sterf.