21 Gad het die beste landvir homself gekies,hy het ’n koning se land gekry,Gad het die leiersvan die volk gebringen hy het gedoenwat die Here wil hê,hy het gedoen wat die Herebesluit het.”
22 Dit het Moses oor Dan gesê:“Dan is soos ’n jong leeuwat uit die land Basan spring.”
23 Dit het Moses oor Naftali gesê:“Die Here is goed vir Naftali,die Here seën hom,Naftali het die meer van Kinneretvir homself gevat,en ook die land suid van die see.”
24 Dit het Moses oor Aser gesê:“Die Here sal vir Aser meer seënas die ander seuns,ek bid dat die ander broerslief sal wees vir hom,en dat hy so ryk sal weesdat hy sy voetein olyf-olie sal was.
25 Ek bid dat sy stedesterk poorte sal hêmet sluitbalke van ysteren brons.Ek bid dat dit altyd goedsal gaan met Aser.
26 “Jesurun, jou Godis baie groot,daar is niemand soos Hy nie!Hy ry deur die lugom jou te kom help,Hy, die Koning,ry oor die wolke.
27 Hy is altyd God in die hemel,Hy dra sy volk altyd in sy armsen beskerm hulle.Hy het die vyandevoor julle weggejaagen Hy het vir julle gesêjulle moet die vyande doodmaak.