6 Die Here het vir Moses begrawe in die vallei in die land Moab oorkant die stad Bet-Peor, en tot vandag toe weet niemand waar sy graf is nie.
7 Moses was 120 jaar oud toe hy gesterf het. Sy oë was nog goed en hy was nog sterk.
8 Die Israeliete het 30 dae lank oor Moses gerou in die Jordaan-vallei in die land Moab. Hulle het die hele tyd lank gerou.
9 Josua seun van Nun het baie wysheid gehad, want voordat Moses gesterf het, het hy sy hande op Josua gesit en hy het Josua die leier gemaak. Die Israeliete het geluister na Josua en hulle het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het.
10 Daar was nooit weer ’n profeet soos Moses in die volk Israel nie. Die Here was naby Moses en Hy het baie met hom gepraat.
11 Niemand anders kon al die tekens en wonderwerke doen wat Moses gedoen het nie. Die farao en sy amptenare en sy hele land het dit gesien toe die Here vir Moses na die land Egipte gestuur het.
12 Moses was baie sterk. Niemand anders was so sterk nie en niemand het mense so bang laat word soos Moses nie. Al die Israeliete het dit gesien.