17 of soos ’n dier op die aarde, of soos ’n voël in die lug,
18 of soos iets wat op die grond kruip, of soos ’n vis in die water onder die aarde nie.
19 Julle moet versigtig wees wanneer julle na die lug kyk en die son en die maan en die sterre sien, alles in die lug. Julle moet oppas dat dit julle nie verlei om vir hulle te buig en hulle te dien nie. Julle God die Here het hierdie dinge gegee vir al die volke in die wêreld,
20 maar die Here het net vir júlle geneem om sy eie volk te wees. Hy het julle uitgebring uit die yster-smeltoond Egipte en julle is nou sy volk.
21 Die Here het vir my kwaad geword oor julle. Hy het gesê ek sal nie deur die Jordaan-rivier gaan nie en ek sal nie kom in die goeie land wat julle God die Here vir julle gee om aan julle te behoort nie.
22 Hy het gesê ek sal sterf in hierdie land waar ons nou is, ek sal nie deur die Jordaan-rivier gaan nie. Maar julle sal deurgaan en julle sal hierdie goeie land vir julleself vat.
23 En julle moet versigtig wees dat julle nie die verbond vergeet wat julle God die Here met julle gemaak het nie. Julle moenie dan vir julle ’n beeld maak nie, moenie iets maak wat lyk soos iets anders nie. Die Here het gesê julle mag dit nie doen nie.