2 Julle moet doen wat die wette van julle God die Here sê, die wette wat ek vir julle gee. Julle moet niks bysit by die dinge wat ek vir julle leer nie, en julle moet niks daarvan wegneem nie.
3 Julle het self gesien wat die Here gedoen het by die stad Baäl-Peor. Julle God die Here het daar almal laat sterf wat die afgod Baäl-Peor gedien het.
4 Maar julle wat aangehou het om julle God die Here te dien, julle lewe almal vandag nog.
5 Luister, ek leer vir julle die wette wat my God die Here vir my gesê het. Dit is die dinge wat julle moet doen in die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.
6 Julle moet aanhou om te doen wat hierdie wette sê, want dit sal vir al die volke wys dat julle wysheid het en verstandig is. Wanneer hulle hoor van al hierdie wette, dan sal hulle sê: ‘Regtig, hierdie groot volk is ’n wyse en verstandige volk.’
7 “Ons God die Here is naby ons wanneer ons tot Hom bid. Watter groot volk het gode wat so naby hulle is?
8 En watter groot volk het wette wat so regverdig is soos die wette wat ek vandag vir julle gee? Nie een volk nie.