37 Hy was lief vir julle voorvaders, daarom het Hy hulle nageslag gekies en vir julle uit die land Egipte gebring met sy groot krag. Hy was self by julle
38 en Hy sal ander volke wegjaag voor julle, volke wat groter en sterker is as julle, en Hy sal vir julle die land gee om aan julle te behoort, soos vandag.
39 Daarom moet julle dit vandag weet en onthou: Hy, die Here, is God in die hemel daarbo en op die aarde hier onder, daar is nie nog ’n God nie.
40 En julle moet doen wat God se wette sê, die wette wat ek vandag vir julle gee en wat goed sal wees vir julle en vir julle kinders. Dan sal julle lank bly woon in die land wat julle God die Here vir julle gee, vir altyd.”
41 Moses het in daardie tyd drie stede oos van die Jordaan-rivier gekies.
42 Iemand kon daarnatoe vlug wanneer hy iemand anders per ongeluk doodgemaak het. As hy die ander persoon voorheen nie gehaat het nie, dan kon hy na een van hierdie stede vlug en aanhou lewe.
43 Die stede was: Beser in die woestyn op die Hoëveld vir die mense van die Ruben-stam, Ramot in die land Gilead vir mense van die Gad-stam en Golan in die land Basan vir die mense van die halwe Manasse-stam.