1 Moses het toe gesê: “Hier is die wette van julle God die Here. Hy het gesê ek moet dit vir julle leer, sodat julle sal doen wat die wette sê in die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.
2 Dit beteken julle en julle kinders en kleinkinders moet julle God die Here dien en julle moet alles doen wat die wette sê wat ek vir julle gee. Julle moet dit doen so lank soos julle lewe. As julle luister na die wette wat ek vir julle gee, dan sal julle lank lewe.
3 Israeliete, julle moet luister en julle moet doen wat die wette sê, sodat dit goed sal gaan met julle en sodat julle ’n groot volk sal word. Die Here, die God van julle voorvaders het dit vir julle belowe, julle sal dit alles kry in ’n land waar daar baie melk en heuning is.
4 “Israeliete, julle moet luister, ons God die Here is een Here. Daar is nie nog so ’n Here nie.