9 Dit is ’n land waar julle nie min kos sal hê nie, daar sal genoeg wees van alles. Dit is ’n land waar daar yster in die klippe is en waar julle koper uit die berge sal kan uitgrawe.
10 En wanneer julle eet en genoeg het, dan moet julle vir julle God die Here prys en vir Hom dankie sê vir die goeie land wat Hy vir julle gegee het.
11 Julle moet versigtig wees, julle moenie julle God die Here vergeet nie, julle moet doen wat sy wette sê, die wette wat ek vandag vir julle gee.
12 Wanneer julle eet en genoeg kry en mooi huise bou en daarin woon,
13 en julle het baie beeste en skape en bokke, en julle silwer en goud word baie, alles wat julle het, word baie,
14 dan moet julle nie hoogmoedig word en julle God die Here vergeet nie. Hy het julle uit die land Egipte gebring, die land waar julle slawe was.
15 Hy het julle deur die groot en gevaarlike woestyn gelei, die woestyn waar slange op die grond seil en ook vlieg, waar daar skerpioene is en waar alles droog is, daar is niks water nie. Hy het vir julle water laat uitkom uit die kliprots.